Toe ek jou sien vandag
skiet my hart skielik
in duisend stukkies klip.
Ek voel die steniging
tot in my siel, fyn gemaal
tot gruis en stof.
Gooi my maar met klippe
sodat ek die hart van vlees
weer kan versteen
en jou uit my gedagtes dwing.
Ek wil nie jou snakasem en
natgeswete lyf voel nie.
Ek wil nie weet hoe jy voel nie.
Ek weet jou gras is nie groen nie.