Die dag breek
snotneus spoegbek
proes-proes
windopbreek .
Die Bergie sit gehurk
onder sy stuk plastiek
vryf sy hande warm
oor die konkavuur
en frons kaalbek
toe hy die eerste trek
van sy daggazol vat .
Later vroetelvinger hy
deur sy broeksakke
en lag vol vreugde
toe hy die gehawende R20 noot
tussen sy geelvingers voel
en al die papsak kan proe .
( 03/11/2009 13h38 )
snotneus spoegbek
proes-proes
windopbreek .
Die Bergie sit gehurk
onder sy stuk plastiek
vryf sy hande warm
oor die konkavuur
en frons kaalbek
toe hy die eerste trek
van sy daggazol vat .
Later vroetelvinger hy
deur sy broeksakke
en lag vol vreugde
toe hy die gehawende R20 noot
tussen sy geelvingers voel
en al die papsak kan proe .
( 03/11/2009 13h38 )