Skaduhart storms

    Share
    avatar
    BennyB

    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 48

    Skaduhart storms

    Post by BennyB on Wed 22 Feb 2012, 4:39 am

    'n sekel maan groet
    hoog bo toppe
    van ou eike’s vanaand,
    sleep voet kraak
    'n eerste roes
    nog 'n somer
    se uurglas amper leeg

    Die laning praat
    weer in tale
    meer as gewoonlik
    'n ander gevoel!
    koel kalmte miskien

    My kop draai in anders hoop
    en wonder of daar ‘n plek bestaan
    waar vrede rus wag
    in die storm stil alleen van my hart

    Voete strompel
    arms styf
    om my bors gevou
    asof ek myself
    afsluit, bot hou
    teen nou

    My hart donder
    onreëlmatig
    deels buite beheer
    my gedagtes
    verskiet
    in woorde
    se dood-dood stiltes

    Dis kouer as vroeër
    ek kan voel hoendervleis
    wat my vel tart
    as ek verder toetrek
    afsluit
    in die skadu
    se sekel sny

    Sou ek gister se boek blaaie
    kon toemaak
    as ons paaie moes kruis
    sou ek huiwerend
    hart se opsitkers kon aansteek
    sonder dat my vlerke
    swart skroei

    BennyB
    20/02/2012 © Barend Booysen


    _________________
    BennyB
    Email: editor.chief@free-style.co.za
    Fax2Email: 0865106406
    avatar
    Claira Summers

    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 43

    Re: Skaduhart storms

    Post by Claira Summers on Wed 22 Feb 2012, 11:16 pm

    Baie baie mooi Benny, hou baie hiervan Wink
    avatar
    BennyB

    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 48

    Re: Skaduhart storms

    Post by BennyB on Thu 23 Feb 2012, 1:26 am

    Dankie Claira, skryf so min deesdae dat ek wonder of ek nog kan...


    _________________
    BennyB
    Email: editor.chief@free-style.co.za
    Fax2Email: 0865106406
    avatar
    Claira Summers

    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 43

    Re: Skaduhart storms

    Post by Claira Summers on Thu 23 Feb 2012, 2:19 am

    Dieselfde hier jong, ons besig met baie dinge op n slag. Maar lyk my ons kan darm nog Smile

    Sponsored content

    Re: Skaduhart storms

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 22 Jul 2017, 7:53 pm