FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    'n Tree in die toekoms in (Hoofstuk 4)

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    'n Tree in die toekoms in (Hoofstuk 4) Empty 'n Tree in die toekoms in (Hoofstuk 4)

    Post by Enid Sat 19 Nov 2011, 4:59 pm

    Sy antwoord die telefoon sonder om op die skerm te kyk…”Esther Basson goeie naand?”

    “Yes, duidelik nie gekyk nie, dis ek Marius, het jy toe al met Ma gereël, dat die kinders soontoe gaan die naweek? Ek het reëlings wat getref moet wees, voor ek weggaan vir werk.”

    Met ‘n sug in haar stem en ‘af-gevoel’ sê sy toe “ja”.

    “Marius gaan ons nie oor ons optrede teenoor mekaar praat nie, ek wil jou kom sien en ek het so twee weke nodig om myself tevind, maar ek wil weer probeer, voor alles te ver gaan en ons lewens verder in mekaar tuimel?”

    Vir ‘n oomblik is dit doodstil aan die anderkant van die lyn….”Ons kan gesels wanneer ek terug is, reël en maak soos jy goed dink en wanneer ons terug is, kan ons gesels.”
    “Dis reg, dan maak ons so, lekker slaap.” Met ‘n kortaf “jy ook” sit hy die telefoon neer.

    Sy weet nie lekker wat om te dink van die gesprek nie…daar was geen emosie betrokke in hulle gesprek nie en alles was so formeel.

    Die volgende oggend het sy reëlings getref met die kinders en haar Ma. By die werk het sy verlof ingesit en besluit, dat sy na hulle vakansiehuis toe sou gaan vir die twee weke. Sy het al haar klere by hulle huis gaan haal en uitgeboek uit die hotel uit. Toe sy in haar Mercedes klim het sy geweet die twee weke is dit sy en haar gedagtes, saam met die see en natuur. Die kalmte het haar gemoed binne gestroom toe sy die motor aanskakel en die pad aanvat. Sy probeer die ongemaklik gevoel , ‘van weet nie wat hy nog vir haar voel’ afskud.

    Die trane loop, terwyl sy besef, sy het hom nog baie lief.


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 12:32 am