FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    ñ Helder toekoms

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    ñ Helder toekoms Empty ñ Helder toekoms

    Post by Rudi Coetzer Wed 02 Nov 2011, 6:37 pm

    Deur my drome
    sluip ñ figuur
    soms aan die voorkant
    soms aan die agterkant
    verby die ewige vuur .

    My hand
    rus op my Adamsrib
    soekend na been
    om net vlees te vind .

    Deur my drome
    sluip ñ figuur
    sku skaam alleen
    fyn klein soos ñ vrouekind
    tussen die lower
    van reuse varings deur .

    Haar hand
    rus op haar hart
    vertroetel vir ñ oomblik
    ñ lankterug-herinnering .

    Deur my drome
    sluip ñ figuur
    wat my nader wink
    en in die lig
    van die silwermaan
    sien ek ñ traan
    op haar wang blink .

    Ek stap nader
    fokus op haar figuur
    wat klein voor my uit
    probeer haar gesig herken
    elke keer wat sy omkyk .

    Deur my drome
    sluip ñ vroue-figuur
    wat my lei
    tot in Towenaarsbos
    waar sy in die stikdonker
    my hand vat
    en ñ ongekende rustigheid
    onmiddelik in my posvat .

    Die silwermaan
    breek skielik
    deur die ondeurdringbare blare-plafon
    swart skil van my oë af –

    die fynfiguur
    draai na my
    en kyk my
    in die oë .

    Dit is toe jy .


    ( 16/07/2011 15h22 )



      Current date/time is Wed 08 May 2024, 8:07 am