FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Sepia moes doen

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Sepia moes doen Empty Sepia moes doen

    Post by AmmieMoon Wed 02 Nov 2011, 5:16 pm

    flenter-foto's skerf deur my gedagtes,
    kerf ou scars weer oop wat soos bloed
    teen my lyf afloop
    het jy nooit die gebreekte spieëls in my oë gesien,
    die stille vonnis wat ek elke dag aan jou sy uitdien ?

    was jy doof vir die geween en knars van my
    gebroke hart, wat deur die jare geleer het om
    slegs in lippetaal die gebroke-rym-emosies van my
    binne-lyf te praat

    kon jy nooit die wasem teen my ruite eien as ysig
    dat dit bloot net koud was
    dat die prulle fleur van my naam in jou teenwoordigheid
    reeds horingoud was

    om van binne dood te bloei is 'n langsame proses
    en om kleur foto's vir die wêreld te struktureer
    het meer geverg as wat ek dog - 'n solo pelgrimstog
    se spore keer immer telkemale weer terug na Mara

    jou bitter fonteine het my vergif my lief
    jou hand se kneuse het na binnetoe geslaan,
    die swaard in jou mond het my lag geamputeer
    en ek moes leer om diafaan skadu's langs jou loop
    te gooi

    en al het ek 'ons' reeds twee jaar gelede begrawe
    skerf flenter-foto's steeds deur my gedagtes,
    kerf ou scars my steeds van binne oop
    tot onthou soos bloed teen my lyf afloop.

    © 2011 Almarie Truter
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Sepia moes doen Empty Re: Sepia moes doen

    Post by Rudi Coetzer Wed 02 Nov 2011, 5:32 pm

    Mag ek se:fok?
    Dit is regtig n stunning werk.
    DIe emosies vloei soos bloed...
    En jou bewoording en woordkeuses is besonders.
    Well done....
    (Jyt vir ons elkeen n uitdaging gestel met die ene!....al is die doel:kreatiewe fun!)

    Very Happy
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Sepia moes doen Empty Re: Sepia moes doen

    Post by AmmieMoon Thu 03 Nov 2011, 1:09 am

    uhm...fok dankie Rudi!....giggel Like a Star @ heaven
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Sepia moes doen Empty Re: Sepia moes doen

    Post by Rudi Coetzer Thu 03 Nov 2011, 4:59 pm

    Jys n natural...emmers talent en siel.

    Sponsored content


    Sepia moes doen Empty Re: Sepia moes doen

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 12 May 2024, 11:07 pm