FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    My lewe ( 17 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My lewe ( 17 ) Empty My lewe ( 17 )

    Post by Rudi Coetzer Wed 26 Oct 2011, 12:52 pm

    Die binnekring
    van my hart se vuurkring
    het jy deurdring

    soos ñ weghol-vuur
    het jy oor my voorbrand gespring .

    Nou in hierdie kritiese-uur
    staan ek kaal
    voor jou
    met my hoed
    in my hand
    met die taal
    van liefde
    wat by my
    elke sweetgaatjie uitdrup .

    My lewe se winter
    lê vergete droog
    lê vergete swart
    agter my

    en nou feëtjievrou
    met jou hier by my
    spruit orals om my
    lente-lote op

    is daar weer
    vreugde en hoop
    in my hartklop

    en ñ groen nat-somer
    wat wag .


    ( 04/04/2011 20h30 )









      Current date/time is Sun 19 May 2024, 10:55 am