intieme vog van minnaar's skrede
steeds soetig op die tong
'n gedig gekerf deur keep en moot
met verdoemende getuies
wat haar siel ontbloot
tortels (met onrus in die krop)
wat teen bewolkte kamerruite klop -
smeking tot geveerde pas
toe hy koorsig deur haar woord
se skanse bars
deur die middeluur van nag
glim sigeunerstrepe oor die maan
haar evakleed geskeur
waar ongeskrewe verse
deur haar oë beur
'n Bloekombos slaan brand
teen grense van haar beloofde land
toe sy voos gekneus in stil verwyt
na uitgeloopte strofes
van haar lewe kyk.
© 2011 Almarie Truter
steeds soetig op die tong
'n gedig gekerf deur keep en moot
met verdoemende getuies
wat haar siel ontbloot
tortels (met onrus in die krop)
wat teen bewolkte kamerruite klop -
smeking tot geveerde pas
toe hy koorsig deur haar woord
se skanse bars
deur die middeluur van nag
glim sigeunerstrepe oor die maan
haar evakleed geskeur
waar ongeskrewe verse
deur haar oë beur
'n Bloekombos slaan brand
teen grense van haar beloofde land
toe sy voos gekneus in stil verwyt
na uitgeloopte strofes
van haar lewe kyk.
© 2011 Almarie Truter