FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Sal jy...

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Sal jy... Empty Sal jy...

    Post by BennyB Tue 06 Sep 2011, 2:15 am

    As ek voor jou staan met lae onsekerheid,
    my menswees verskeur deur gulsige oë
    as ek so verflenterd staan,
    sal jy die vergrootglas los
    en my sien soos ek is ?

    en as ek my hart aan jou in 'n houtbord bied
    sal jy die brose kors eers afbreek
    voor jy oordeel fel ?

    sal jy kans sien om weer lewe
    in my hart te masseur,
    die amper rooi weer tot bruis te pols ?

    sal jy verstaan as ek wil vlug,
    as ek kil teen stil van kan-nie-meer ?

    sal jy verstaan
    dat my SOS se lig verdoof
    in hierdie doodse dooie stil ?

    BennyB
    25/07/2011 Barend Booysen


    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Sal jy... Empty Re: Sal jy...

    Post by Enid Tue 06 Sep 2011, 2:44 pm

    opreg en nederige vraag...sjoe Benny jy maak jou hart oop hier
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Sal jy... Empty Re: Sal jy...

    Post by AmmieMoon Wed 07 Sep 2011, 6:52 pm

    Aaaai Benna, jy MAG maar skryf !! Very Happy

    Uitmuntend gepen !
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Sal jy... Empty Re: Sal jy...

    Post by anderkant Wed 07 Sep 2011, 9:26 pm

    Ek staan klein voor "ware" verse soos hierdie, die geweldige emosie wat jy presies neerpen is meesterlik: dit laat mens regtig terugstaan en wonder hoeveel sulke opregte mense kry mens nog daarbuite. Doodse dooie stil - ek staan eenvoudig stom.

    Sponsored content


    Sal jy... Empty Re: Sal jy...

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 20 May 2024, 12:46 am