FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Ma'at

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Ma'at Empty Ma'at

    Post by anderkant Tue 18 Oct 2011, 4:03 pm

    Ek hoor depressie is 'n siekte,
    ís, die dokters sê so;
    maklike diagnose
    vir stilstuipe,
    woede-buie,
    weghol-trane,
    ophou eet, aanhou eet,
    vir opgee en oorgee en toegee
    aan onbeheerste vorme van self-leed.

    Ek hoor mens
    kry pille daarvoor,
    ís, almal drink dit deesdae;
    ek ook,
    elke dag,
    en ons wag,
    dae en ure aaneen
    vir die gebottelde wonders
    om reseptore te blok en her-rangeer,
    oor te neem en nuwe lig te bring in die donker.

    Maak dan maar
    dié verskoning,
    kry jou dokter om te beaam,
    sluk jou pilletjies getrou
    en koggel in jou mou.

    Ek wéét
    hoe lyk die duiwel
    en ken sy donkernag gejuig;
    ek wéét wie por jou aan
    wyl jy my hart se soom
    met jou stompste skêr
    bietjie vir bietjie,
    stelselmatig,
    losryg.

    © 16.05.2011 Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved
    avatar
    Guest
    Guest


    Ma'at Empty Re: Ma'at

    Post by Guest Tue 18 Oct 2011, 4:21 pm

    hierdie werk my getref die eerste keer ek dit lees en steeds kan dit my pootjie, so tot binne my spreek,.. Ma'at sal hierdie hart nie te swaar vind, iemand wat soveel voel inderdaad het hart ligter as n veer
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Ma'at Empty Re: Ma'at

    Post by Enid Tue 18 Oct 2011, 4:41 pm

    jip maar ek willie my pilletjies drink nie...slaap beter hehehehe Sleep
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Ma'at Empty Re: Ma'at

    Post by anderkant Tue 18 Oct 2011, 4:44 pm

    ek stem saam - slaap is beter terapie, maar dan slaap mens in die dag en sit wakker in die nag - dan begin dinge EERS lol. Ek sluk maar my pilletjies en fake die res. Smile
    avatar
    Guest
    Guest


    Ma'at Empty Re: Ma'at

    Post by Guest Tue 18 Oct 2011, 4:52 pm

    lag!!! fake it till you make it!!
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Ma'at Empty Re: Ma'at

    Post by Enid Tue 18 Oct 2011, 4:54 pm

    maklik ek slaap dag en nag
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Ma'at Empty Re: Ma'at

    Post by anderkant Tue 18 Oct 2011, 4:55 pm

    Nee dankie, donkernag wil ek eerder slaap. Die dinge wat my in die dag treiter kan ek nog soort van hanteer. Very Happy
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ma'at Empty Re: Ma'at

    Post by Rudi Coetzer Tue 18 Oct 2011, 7:36 pm

    mal hieroor.
    Veral strofe een is besonders.en perfek.
    Jy hele styl en way hier werk net...
    so lekker geselsgedig oor n erenstige saak.
    Goed gedoen.
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Ma'at Empty Re: Ma'at

    Post by anderkant Tue 18 Oct 2011, 9:13 pm

    Dankie Rudi.

    Sponsored content


    Ma'at Empty Re: Ma'at

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 3:54 am