FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Plaashek

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Die Plaashek Empty Die Plaashek

    Post by Manie Jackson Mon 05 Sep 2011, 5:51 pm

    Na al die jare, stoot ek weer die plaashek oop...
    Die naambordjie is verroes en vaal.
    Hoeveel keer het ek hier deur geloop.
    Elke oggend het die skoolbus my hier kom haal.
    Die maroelaboom staan nog altyd op sy pos,
    soos my enig-getroue vriend hier in die bos.

    Smagtend sluit ek oop
    om te min, bemin te word.
    Soekend, as ek deur die boorde loop,
    na jou, die plek waar ek uit kan stort.
    Voor wie, waar ek kan verkrummel en rus.
    Verlangend om een te word, daardie eerste kus.

    Stap ek weer deur die bekende ou veld.
    Kan dit alles nooit verruil word vir geld.
    Staan die opstal nog op sy plek,
    rook uit die skoorsteen maak my opgewek.
    Spoel ek vlugtig my hande in die drom
    Ek het weer tuis gekom.



    Manie Jackson 14/8/2011

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 9:17 pm