FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die skaal

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Die skaal Empty Die skaal

    Post by Manie Jackson Mon 05 Sep 2011, 5:49 pm

    Die skaal hou aan, wik en weeg.
    Watter kant is dan minder leeg?
    Watter kant dra dan die grootter las?
    Geweeg, sal wees of wat was?
    Lewenskeuses en besluite.
    Alles op die skaal, liefdes en verwyte.
    Word almal op die skaal geplaas.
    Alles getoets en geweeg, wyse sowel as dwaas.
    Watter deel maak die volmaakte som?
    Tot watter helfte sal die voordeel kom?
    Of dan goed, dalk jou leed,
    as die skaal sak...wie sal weet?

    Jou dalk van alles stroop,
    die pad wat jy kies om te loop.
    Verloor jou naam sy liedjie, musiek sy verlang.
    As gewigte – hoe meer aan my hart bly hang.
    Sal niemand ooit kan weet,
    op watter punt uitgemeet.
    Jou aanraak se gevoel,
    nie weerspieel wat jy bedoel.
    Sal die skaal dalk oorhel na die vrees.
    Oor wat nog is, na wat kan wees.
    Hoeveel nog bysit , hoeveel verhaal.
    Om eindelik ewewig te kan behaal.

    Manie Jackson 20/8/2011

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 5:42 pm