FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Noodlot

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Noodlot Empty Noodlot

    Post by Manie Jackson Mon 05 Sep 2011, 4:28 pm

    Die behoefte van liefhe in twee geskeur.
    Die hart kan liefde eens verleer.
    Bedrog van lippe het verwond.
    Die basis van lewe het klip geword.

    Word my bors so benoud.
    My diepe binneste, ysig koud!
    My maag gespan, ‘n harde klip.
    Asem weg van my stywe lip.

    Nou is alles deurmekaar – onderste bo!
    alles waarin ek eens kon glo.
    Die kasteel, die donker nag se toevlug.
    Leeg gevind in die more se lig.

    Het ek my op jou vyand gewreek?
    My swaard vir jou in die grond gesteek?
    My spoed het ek toe verloor.
    Want jy het my hart deurboor.

    Moes ek toe dan vind,
    dat nie – liefde uit my hart sou munt.
    Soms donker, het my hart vir jou gesing.
    al my liefde vir jou gebring.

    Maar hier in my arms, le ek jou omvou.
    Kyk ek in jou oe en wonder, Waar is jy nou?


    Manie Jackson 22/7/2011






      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 12:59 am