Ek soek jou
Feëtjievrou-lyfie nou
lepel lê teen my
jou hare sag
teen my gesig
ons vingers gestrengel .
Luister , laat my
asem jou vertel
van die vrede in my hart
die genoegdoening in my lyf .
Voel die blydskap in my oë
want jy en ek
het die vermoë
om oomblikke te skep
wat vir ewig hou
en ek is gek
oor jou .
( 20/03/2011 00h55 )
Feëtjievrou-lyfie nou
lepel lê teen my
jou hare sag
teen my gesig
ons vingers gestrengel .
Luister , laat my
asem jou vertel
van die vrede in my hart
die genoegdoening in my lyf .
Voel die blydskap in my oë
want jy en ek
het die vermoë
om oomblikke te skep
wat vir ewig hou
en ek is gek
oor jou .
( 20/03/2011 00h55 )