FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    dieretuin

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    dieretuin Empty dieretuin

    Post by anderkant Fri 30 Sep 2011, 3:13 am

    dis haar lente-maand;
    sy het Sy geword
    en haar lende is
    máár smagtend

    dier se natuur;
    dit pronk en dit speel -
    lokaas haar lyf,
    al ritsend in die rondte
    tot sy weerstand verskuif

    met koorsagtige,
    dierlike,
    hondsdol intent
    bestyg hy die lug

    elke enk'le spier,
    gereed om te klou,
    grou en selfs byt as dit moet
    om sy lyn voort te bou.

    anti-natuur,
    - bevlek al dan nie,
    beskou ek die
    mens
    en klim eerder nie. …


    © (14.05.2011) Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved


    avatar
    Besoeker
    Guest


    dieretuin Empty Re: dieretuin

    Post by Besoeker Fri 30 Sep 2011, 3:19 am

    sedelik gesproke beslis betwisbaar , maar moreelgesproke het jy met die vers `n hoogte geskets wat aan die engele behoort! Ek is beindruk met jou beelde en duidelike sin-lyn
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    dieretuin Empty Re: dieretuin

    Post by anderkant Fri 30 Sep 2011, 3:21 am

    Dankie Fafnir, jou kommentaar is waardevol en verhef die vers. Ek is nogmaals klein en nederig voor julle ongelooflike ondersteuning en aanmoediging. Dankie daarvoor.
    avatar
    Besoeker
    Guest


    dieretuin Empty Re: dieretuin

    Post by Besoeker Fri 30 Sep 2011, 3:26 am

    ek dink die antopoloë sou dit eerder 'sinergie' noem !?
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    dieretuin Empty Re: dieretuin

    Post by anderkant Fri 30 Sep 2011, 3:38 am

    Inderdaad. Smile Nogmaals dankie.
    avatar
    Guest
    Guest


    dieretuin Empty Re: dieretuin

    Post by Guest Fri 30 Sep 2011, 3:41 am

    ........... besondere beeld,.. maar gee meer as net die beeld,.. mens is tog maar dier
    girllivinginherdreams
    girllivinginherdreams


    Location | Ligging : Swakopmund Namibia
    Posts | Bydraes : 76
    Points | Punte : 106
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 43

    dieretuin Empty Re: dieretuin

    Post by girllivinginherdreams Mon 03 Oct 2011, 1:40 am

    Thoughtful stuff

    Sponsored content


    dieretuin Empty Re: dieretuin

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 7:03 am