FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Feëtjievrou ( 4 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 4 ) Empty Feëtjievrou ( 4 )

    Post by Rudi Coetzer Wed 28 Sep 2011, 3:54 am

    Jou hare seewier
    alom jou kop
    jou borste breek water
    toe jy op jou rug opdop

    in die prentjie nou hier
    word ñ sprokie geskryf .

    Vir jou feëtjievrou
    is daar vuur
    in my oë
    is daar vuur
    in my hart
    wat bonfire elke dag
    vir jou brand .

    Saam met jou
    is elke dag
    vreugdevol uitbundig
    is elke dag
    oujaarsaand .

    Ek wens ek was nie
    so lomp en onkundig
    in die liefde nie

    en dat die innige vuur
    in my hande
    in my vel
    in my lyf
    wanneer ek aan jou vat
    eenvoudig vir jou
    alles kon sê
    eenvoudig vir jou
    alles kon vertel .

    As dit eenvoudig
    net genoeg kon wees
    sodat jy kon weet
    dat ek vir jou voel
    en dat ons
    elke oomblik saam
    ñ oomblik vir altyd is .


    ( 28/02/2011 13h45 )

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 1:53 pm