FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Aeolus*

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Aeolus* Empty Aeolus*

    Post by anderkant Tue 27 Sep 2011, 6:46 pm

    Waai wind,
    waai!
    waai in jou
    malle moer in!

    knak haar rug,
    verpes haar takke,
    stroop haar bas
    en
    skilfer
    haar huid

    hier onder
    tussen die harde-gras,
    ja, hier by haar wortels
    sommerso bo-gronds langs
    lê my saad
    en ontkiem

    hier regs van haar;
    waar tak en blaar
    geen skuiling bied
    teen reën en son

    wel sý mag jou die rugkant bied
    (sy beur mos links oor
    jou alewige gewaai)
    maar ék, ék maak gereed
    om
    regop te groei

    Waai!!!
    - hiér lê
    gatvol saad
    en ontkiem!

    © (05.08.2011) Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved

    * Aeolus: Griekse
    mitologiese heerser oor die winde

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 6:11 pm