FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Tradisie

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tradisie Empty Tradisie

    Post by anderkant Tue 27 Sep 2011, 6:32 pm

    monolities is jy sekuur onderrig;
    getrou aan die karmelieteorde
    dra jy die purper-py gewillig,
    soos dit jou betaam,
    onderdanig,
    gesigloos,
    stemmig,
    stil…

    heilig?

    © (03.08.2011) Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved
    avatar
    Guest
    Guest


    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Guest Tue 27 Sep 2011, 6:35 pm

    mensgemaak tot heerskappy van vlees en bloed skelm!
    stilte teen die stam van n boom, blou in sonskyn dag, lied van 'n loerie, dit is heilig
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Besoeker Tue 27 Sep 2011, 7:36 pm

    dalk is ek katoliek be-vooroordeeld , maar `n heilige is vir my in die godsdienstige wereld dit wat HELD in die sekulêre wereld is ; dus naastenby om en by die teenoorgestelde van die skets wat jy teken . Hom sou ek eer' Mamparra doop ?
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by anderkant Tue 27 Sep 2011, 7:45 pm

    Hierdie vers maak nie 'n stelling nie en vra eerder 'n vraag. Een wat elkeen vir homself kan vra en beantwoord.
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Besoeker Tue 27 Sep 2011, 7:50 pm

    tog sekerlik met die wens om debat te lok? Hoe anders bepaal ons die integriteit van ons mening ?
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by anderkant Tue 27 Sep 2011, 8:01 pm

    Persoonlik erken ek "heiliges", godsdienstige helde soos jy na hulle verwys - nie almal nie, maar beslis 'n aantal van hulle. Ek neem 'n holistiese benadering mbt my geloof en plaas lankal nie meer perke daarop nie. As mens gaan ek nooit alles ten volle begryp nie, as mens gaan ek dus nie probeer voorgee dat ek altyd reg is nie. As mens vra ek vrae en probeer "buite myself" verkeer sodat ek alles kan leer waartoe ek wel in staat is. Vir my is dit soms genoeg. Soos met hierdie vraag: ek vra 'n vraag wat elkeen vir homself kan beantwoord. Die uiteenlopende reaksies wat daarop volg is vir my 'n interessante debat wat ek graag volg terwyl ek my mede-skrywers leer ken.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Claira Summers Wed 28 Sep 2011, 1:08 am

    Die vers en die verduideliking beteken tog vir my iets meer. Aan die buitekant probeer ons ons erfenis en die verwagting dat ons als moet doen wat die voorvaders en God verwag. Daarom probeer mens Heilig voorkom, maar binne weet jy, daar in jou binneplek weet jy een feit is dat jy nie die antwoorde ken nie. Sogenaamd Heiligheid bestaan glad nie in ons wereld nie, die laaste Helige wese was ons Here Jesus Christus, daarom is Hy die antwoord op al die losle vrae in ons smart en weeklaag. Hy het vir als waaroor jy wonder en skreeu en vrae vra gesterf, omdat jou God geweet het, dis wat ons mense gaan doen. Dit is die antwoord wat ek telkens kry, hoor en vat.
    avatar
    Guest
    Guest


    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Guest Wed 28 Sep 2011, 2:34 am

    jou gemis vanmiddag in die d palawe Claira!!
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Claira Summers Wed 28 Sep 2011, 2:46 am

    Jammer maar dit was open season in die "summers" huis. Maar ek nou terug!!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by anderkant Wed 28 Sep 2011, 3:33 pm

    Dankie vir jou deurdagte kommentaar Claira.
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by SWERWER Wed 28 Sep 2011, 4:56 pm

    Heilig .... nee . Onheilig? ook nie. Menswees is nie een dimensioneel nie. Ek strewe eerder na "enlightenment" as om heilg te wees of is dit miskien een en dieselfde ding? ( Miskien nie in die tradisionele sin van die woord nie)

    Tradisie en die bekendheid wat dit bied is goed maar vir my is dit beter om buite die stuktuure van tradisie te gaan rondloop. Opwindend maar eensaam ook!
    avatar
    Guest
    Guest


    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Guest Wed 28 Sep 2011, 5:00 pm

    enlightenment is presies reg!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by anderkant Wed 28 Sep 2011, 5:07 pm

    Enlightenment - beslis. Eensaam - absoluut.
    avatar
    Guest
    Guest


    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Guest Wed 28 Sep 2011, 5:10 pm

    we all are lonely souls on a journey of enlightenment
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Besoeker Wed 28 Sep 2011, 5:13 pm

    verligting .... hmmm ; sou die vraag eerder wees of die akteur wat die skrywer beskryf tevrede sal wees met ander omskrywings as HEILIG ??? Indien nie ( soos ek vermoed!) mis julle dalk die doel van die skryfstuk
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by anderkant Wed 28 Sep 2011, 5:33 pm

    Die akteur wil tog voor sy mede-akteurs uitstaan en met die goue beeldjie wegstap omdat hy die rol so "waar" en "eg" kon aanneem. Hulle wil iets of iemand anders wees om substansie aan hulle "multidimensionele" geaardheid te gee. Soms word die rol egter eie, werklik eie - soms word die akteur "heilig" en onaantasbaar. Soms vervreem dit almal. Tradisie gaan vir my spesifiek oor alles wat nie in die Bybel staan nie en wat die kerke nie amptelik verkondig nie maar tog deur oorlewering onaantasbare "grootsheid" verwerf. Die uiteindelike vraag wat ek hier stel is seker maar soos volg: Heilig? Net hy ken sy eie gemoed - en ons kan slegs op 'n afstand raai.
    avatar
    Guest
    Guest


    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Guest Wed 28 Sep 2011, 5:36 pm

    en uit drukking "hoogheilig" het in my altyd juis teenoorgestelde beeld! (squirrelbrain moment )
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by SWERWER Wed 28 Sep 2011, 9:15 pm

    Tradisie en om die kleed van tradisie te dra kan nooit per se heiligheid tot gevolg he nie. Integriteit, waarheid en liefde ie eerder die moeilike pad tot heiligmaking. Dan is waarheid ook n relatiewe begrip. My waarheid en joune is twee verskillende dinge en kan opsigself die strewe na heiligheid afbreek!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by anderkant Wed 28 Sep 2011, 9:32 pm

    Swerwer, jy klink na 'n besondere mens. Dankie dat jy steeds hier deelneem - in hierdie kategorie is daar geen duidelike antwoorde nie, net mense van integriteit wat met liefde hulle eie waarheid leef en deel. Dankie dat julle dit met sulke vrymoedigheid doen.
    Bobette Smit
    Bobette Smit


    Location | Ligging : Oos Londen
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 48

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Bobette Smit Fri 14 Oct 2011, 4:18 pm

    Briljante werk, Rudi!
    Heilig, ek - alles behalwe. Ek kry egter die jammer wat dit nog wil voordoen om sodoende 'goedkeuring' te verkry van aardse prinse - dit terwyl 'binne' alle hel los is.
    Ek het eerder vrede met myself, nederig, 'n sondaar wat slegs deur genade lewe.....
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by anderkant Fri 14 Oct 2011, 4:21 pm

    Dit is juis hoekom ek vir jou soveel waardering en respek het. Dankie Bobette.
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Besoeker Fri 14 Oct 2011, 5:05 pm

    ek kannie stry met jou , Anderkant , - ons sal nooit die heiligheid van iemand anders kan bepaal nie . Tog beskou ek persoonlik die digkuns as een manier om wel die ideaal na te streef. Ek sou ophou belangstel aan verse , as ek nie meer kon geglo het dat ten minste opregtheid wel bepaal kan word : Die eerste tree na heiligheid
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by anderkant Fri 14 Oct 2011, 5:12 pm

    Beslis Fafnir, ek dink opregtheid is iets wat mens nie kan veins nie: jy oortuig mense ook nie deur 'n gemiddelde of "sub-aktiewe" poging nie. Dit is iets waarna ons kan strewe maar ons is mens! Maar mens MAG strewe. Dankie nogmaals vir jou deelname by hierdie onderwerp.

    Sponsored content


    Tradisie Empty Re: Tradisie

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 8:47 pm