FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    voorbeskikking

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    voorbeskikking Empty voorbeskikking

    Post by anderkant Tue 27 Sep 2011, 6:28 pm

    aan jou voete
    werp ek myself neer;
    vandag kom praat ek namens myself
    en néé, offerandes bring ek nie!

    vandag wil ek weet, en
    vandag sál jy antwoord
    hoekom hierdie nuwe lewe
    dan ook doodgebore is.
    watter pseudo-lewensles
    moet ek nou weer leer?
    watter onfeilbare waarheid
    lê versteek in dié soort seer?
    ja, skreeu maar laster!
    maar jy, (meester wat regeer?)
    sal antwoord bring.

    ek is moeg om te hoor van jou tyd!
    vandag tel ek self die sekondes,
    die ure, die dae,
    ál my lewensjare;
    vandag sal selfs jy
    (meester wat regeer)
    moet erken
    dat jou blote stilte
    óók laster is


    © (03.09.2011) Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved



    Last edited by anderkant on Tue 27 Sep 2011, 7:49 pm; edited 2 times in total
    avatar
    Guest
    Guest


    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by Guest Tue 27 Sep 2011, 6:33 pm

    'dat jou blote stilte ook laster is"!!
    hoeveel keer het ek in hoeveel donker nagte gegil!! "jy, jy wat in kleed voor my baba dooprok as als aan my afgesmeer is waarom dan hierdie spel? waarom dan my kennis gee wat nutteloos my nagte versplinter?" my slotsom ,.. en nee ek vrees nie helle vuur daarvoor, staan trots regop met swart pels oor my vroue skouers, my slotsom, daardie is n gekke pad sonder logika
    avatar
    Besoeker
    Guest


    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by Besoeker Tue 27 Sep 2011, 6:42 pm

    ek lees dis baie persoonlik ... en is enersyds traag om te reageer , omdat ek allergroot ontsag vir siel het . Nogtans moet die teenstrydighede bevra word:
    Hoe kan jy vanuit NEERGEWORPE posisie EIS { jy SAL...}
    Jy beweer dat die nuwe lewe doodgebore is... en los jou versugting sodoende op....{ meester wat regeer? - om twyfel op te hef!}
    En oplaas die grote : { meester wat regeer} ; moet erken ; dat jou blote stilte ; ook laster is .
    Is dit TEGNIES moontlik dat so `n meester teen homself laster ??

    Ek ontken die ooglopende boodskap van hierdie vers bepaald - en hoop dat ek mettertyd waardig mag word om die WARE sin van jou protes te hoor!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by anderkant Tue 27 Sep 2011, 6:50 pm

    Hierin is die boodskap wel persoonlik, ek dink almal kan iets anders daaruit neem.
    avatar
    Besoeker
    Guest


    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by Besoeker Tue 27 Sep 2011, 8:15 pm

    suiwer die verklaring wat die opregte her-evaluasie van sy skrywer oorleef het!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by anderkant Tue 27 Sep 2011, 8:40 pm

    Soms gaan mens ten gronde, jy werp jouself selfs neer - maar koppig en weerstandig wil jy steeds aandring op dit wat aan jou verskuldig is - dit eis, al staan jy nie regop nie. Die liggaam wil nie meer nie maar die gees en siel weier om in te gee. Meester wat regeer? is eintlik 'n kru verwyt - beskuldiging, in plaas van 'n vraag. Ek voer die "normale" redes vir slaggate in die lewe aan en "skreeu" in die gesig daarvan. Dalk verwag ek selfs dat die meester dan slegs toegee dat hy nie altyd "in beheer" is nie en dat alles nie altyd sin maak nie en dat ek nie nodig het om te kniel nie. Dalk beteken dit vir iemand anders iets anders. Vir my oorleef die vers omdat ek hom kan voel wanneer ek hom herlees en die gevoel nie verander nie.
    avatar
    Guest
    Guest


    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by Guest Tue 27 Sep 2011, 8:48 pm

    soms net soms dan wonder jy soos ek gewonder het in johannes se skoene, is daar dan werklik geen god van liefde?
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by Claira Summers Wed 28 Sep 2011, 12:59 am

    In eie reg, baie persoonlike pyn opgesom in die vers. Ek glo dat elke een van ons God vresende mens ook maar tog in opstand kom, en soos die sondaars wat ons is van ons Vader vereis al die antwoorde op die pyn en die gebroke harte en lewens wat ons sien en self ook voel. Sin in die menslike vorm, kan tog nie na al die sleg in die lewe, wat ons elke dag in die oe moet staar met reg gemaak word nie.
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by anderkant Wed 28 Sep 2011, 3:34 pm

    dankie almal wat hierby 'n voetspoortjie gelos het.
    Bobette Smit
    Bobette Smit


    Location | Ligging : Oos Londen
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 48

    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by Bobette Smit Fri 14 Oct 2011, 4:27 pm

    Jinne Rudi....jou woede so briljant verwoord.....jou opstand en jy maak dit duidelik dat jy geen meer "laster" gaan aanvaar nie - hetsy in stilte of nie!
    Briljant gedoen. Ek is seker jy het beter gevoel nadat jy hierdie geskryf het.....
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by anderkant Fri 14 Oct 2011, 4:59 pm

    Bobette, hierdie vers het nogal amper my moed gesink nadat ek dit geplaas het, en in 'n stadium het ek amper gevoel dat ek my standpunt moet verduidelik. Jy som dit raak op - dit is suiwer woede, of ek beter gevoel het weet ek nie, dat ek die behoefte gehad het om dit in woorde om te skakel en op 'n afstand te beskou om sin daarin te vind - daaraan het ek geen twyfel nie. Ek waardeer jou lees en deurdagte kommentaar.

    Sponsored content


    voorbeskikking Empty Re: voorbeskikking

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 9:16 am