FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Me ai di ázeis*

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Me ai di ázeis* Empty Me ai di ázeis*

    Post by anderkant Tue 27 Sep 2011, 4:09 pm

    Al-ek-ZAN-der;
    verdediger, vegter,
    waaragtige kind van jou
    god,
    saad én instink van Philip II
    bepaal die seun se lot

    inkubus? sukkubus?
    néé!
    jy het daglig gekies
    om jou offer te vang;
    onskuld en eer
    te verslind in jou drang

    Pausanias se toorn
    het jou voorsaat onttroon;
    tog
    beproef jy die lot!
    word ék jou Persië
    en lê ek kaal
    voor jou god

    Aristotel die wysheer
    het van
    voordeel geleer
    om my liggaam
    en siel
    met jou saad te
    besmeer

    Alexander, die Grote

    die grootsheid van my walging
    oortref jou naam!


    © (19.04.2011) Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved


    * Me ai di ázeis – fonetiese
    uitspraak van “Με αηδιάζεις” –
    Griekse vertaling van
    “Jy walg my”


    Last edited by anderkant on Tue 27 Sep 2011, 4:36 pm; edited 1 time in total
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Me ai di ázeis* Empty Re: Me ai di ázeis*

    Post by Besoeker Tue 27 Sep 2011, 4:20 pm

    jy spreek duidelik .... tog weet ek nie of alle skuld hom toekom nie. Soms is dit die geskiedkundige trek-en-stootkragte wat een te veel is vir die "toevallige" anti/held. Wel op `n heel ander vlak , maar bv Calvyn walg my eweneens vir sy bloeddorstige heerskappy van Geneve , sy amper macchiavelliese magsjagsheid onder die Kruis ...
    avatar
    Guest
    Guest


    Me ai di ázeis* Empty Re: Me ai di ázeis*

    Post by Guest Tue 27 Sep 2011, 4:29 pm

    is magsbehep heid dan tog nie vele wesenlike heerser in antieke geskiedenis se ondergang? Rudi hierdie stuk getuig vanq sorgvuldige naslaan werk, van besondere aanvoeling vir die gees van die antieke tyd en ook van die kennis van 'n kryger,.. ek hou van die aanslag van die werkstukke ek deesdae hier lees dit gaan vir my oor na besonderse kwaliteit!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Me ai di ázeis* Empty Re: Me ai di ázeis*

    Post by anderkant Tue 27 Sep 2011, 4:33 pm

    Dit is 'n voorreg wanneer 'n ingeligte en geoefende oog oor my verse gly: Fafnir en Ronel, julle insig is treffend en julle insette waardevol. Met hierdie vers gaan ek my eie motivering by die skryf daarvan weerhou - ek dink dit is gepas. Nogtans, baie dankie vir julle deurdagte kommentaar, ek staan nederig en klein en soos altyd innig dankbaar.

    Sponsored content


    Me ai di ázeis* Empty Re: Me ai di ázeis*

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 12:32 am