by SWERWER Mon 26 Sep 2011, 8:11 pm
Beste Anderkant
Hierdie vers gaan vir my oor wat gese is en ook oor wat weggelaat is! Die uiterstes in die lewe is bevryding en boosheid maar daar is ook die tekstuur van ervaringe wat tussen in le wat n mens moet ervaar om te kan se dat jy aan die ritueel van die lewe deelgeneem het. Die volle deelname aan die lewe omlyn en gee betekenis, definieer as ware die kennis van wat bevryding en boosheid regtig is.
Baie mense gaan deur die lewe sonder om daardie tekstuur te voel, te proe of om daarmee kennis te maak wat hulle horisonne in perk. 1956 gebore, dood in 1973 maar nog nie begrawe nie! n Tragiese vermorsing van n God gegewe lewe.
Anderkant, jou deelname word raakgesien deur die mooi en rykheid van jou verse. Vir my is dit baie lekker om te kan lees en daaroor te gaan dink.
SWERWER