FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Angelos

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Angelos Empty Angelos

    Post by anderkant Wed 21 Sep 2011, 7:32 pm

    jy wriemel jou ligvoets
    en gig’lend reguit verby
    my skanse, kamma
    doof vir my protes
    en helle-beswaar.

    jou oë soek ewe kamma
    in elke donker hoek
    na goggas en goete
    wyl jy eintlik net
    wag dat my koors
    my moed en wil verbysteek.

    ek voel hoe sypel
    alle weerstand,
    elke voorbehoude bietjie
    glibberig deur my vingers,
    reguit maan toe…
    waar sy vanaand volblos
    aan haar hemelsoom hang

    verslaan, verlig,
    laat jy my opnuut, alwéér,
    na jou tong-tippie-toets
    teen my weerstandige koors verlang,
    verslaan, verlig,
    bring jy my aan die voete
    van jou tere liefde neer.

    aan jou voete kyk ek op
    en verwonder my weer, soos laas,
    aan die maanblos wat om jou
    gesiggie glimmer en jou laat straal,
    soos dit hoort, my engel

    © (Junie 2011) Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 3:01 pm