mis molm teen swaarblaarblink
met vlerkgeflap van uile wat buig
waar skemer se skeeloog wink -
pipistrelle spotterig gelyn toe sy in nag
se deuropening verskyn
dopluis roesterig teen varinghare
skilfer groen teen greine van bruine -
mos mos mos net smarag
as dit sy is wat ligvoets trippel deur nag
stoom stu stuimig uit warm aarde
waar die binnebelt van 'n woud
knoop van boom tot boom -
blare spataar vaal waar sy wasem
fungus spinneweb om stomme stamme
en barre bas skaaf skurwerig teen 'n jaarring
se boggelrug -
selfs in dun lug bly haar skaduwee
gewigloos hang
witvoel skuif sy neffens die maan se skouerkleed
en weet
hier is waar sy hoort.
© 2010 Almarie Truter
met vlerkgeflap van uile wat buig
waar skemer se skeeloog wink -
pipistrelle spotterig gelyn toe sy in nag
se deuropening verskyn
dopluis roesterig teen varinghare
skilfer groen teen greine van bruine -
mos mos mos net smarag
as dit sy is wat ligvoets trippel deur nag
stoom stu stuimig uit warm aarde
waar die binnebelt van 'n woud
knoop van boom tot boom -
blare spataar vaal waar sy wasem
fungus spinneweb om stomme stamme
en barre bas skaaf skurwerig teen 'n jaarring
se boggelrug -
selfs in dun lug bly haar skaduwee
gewigloos hang
witvoel skuif sy neffens die maan se skouerkleed
en weet
hier is waar sy hoort.
© 2010 Almarie Truter