my denke maalkolk in obskure holtes
hemel en aarde het pertinent geskei
in onklaar dimensies my gebind
voel ek vrou, dog kind
onwetend of ek talm of vlieg
want niks is meer soos gister
as ek voorgee sou ek lieg
dwaal in 'n vallei so oud soos tyd
sonder ingang of deurweg om te uit
waar dou aan berghange kleef
vrattekruid gedy
briofiet naarstig klou om te oorleef
grotwater drup teen die sirkelgang van tyd
en jaargange meet in holtes van sterre en
koepels van die maan
wat in haar alleen-vrou-staat verstaan
dat ek soms aan vlees moet kleef -
dit nodig om te oorleef
met sidderings teen growwe bas
probeer ek die dier se klou
teen my voetsool pas -
smelt arkanies ineen
opeens bevrees
dat ek prooi gaan wees
maar my hart tamboer oeroue slae
en sweet druip
waar huiwer uit donker dieptes kruip -
te midde van sidder
wil ek kneus in weerwolf kake
want in sy borskas sluimer 'n donker krag
grotesk en bloedbevlek
swaardpunt letsels neffens sy bek -
tog , hy slaap
met uile wat oor koorsdrome waak
as ek lank genoeg ruglangs
teen kil klip skuil
hoor ek dalk sy krete
teen nag se kantgordyne huil
kan my hand in sy rou hart verswelg,
daar waar blos in sy polsslag bruis
klemmend klou
tot hy leegbloei in my kobaltblou.
© 2011 Almarie Truter
hemel en aarde het pertinent geskei
in onklaar dimensies my gebind
voel ek vrou, dog kind
onwetend of ek talm of vlieg
want niks is meer soos gister
as ek voorgee sou ek lieg
dwaal in 'n vallei so oud soos tyd
sonder ingang of deurweg om te uit
waar dou aan berghange kleef
vrattekruid gedy
briofiet naarstig klou om te oorleef
grotwater drup teen die sirkelgang van tyd
en jaargange meet in holtes van sterre en
koepels van die maan
wat in haar alleen-vrou-staat verstaan
dat ek soms aan vlees moet kleef -
dit nodig om te oorleef
met sidderings teen growwe bas
probeer ek die dier se klou
teen my voetsool pas -
smelt arkanies ineen
opeens bevrees
dat ek prooi gaan wees
maar my hart tamboer oeroue slae
en sweet druip
waar huiwer uit donker dieptes kruip -
te midde van sidder
wil ek kneus in weerwolf kake
want in sy borskas sluimer 'n donker krag
grotesk en bloedbevlek
swaardpunt letsels neffens sy bek -
tog , hy slaap
met uile wat oor koorsdrome waak
as ek lank genoeg ruglangs
teen kil klip skuil
hoor ek dalk sy krete
teen nag se kantgordyne huil
kan my hand in sy rou hart verswelg,
daar waar blos in sy polsslag bruis
klemmend klou
tot hy leegbloei in my kobaltblou.
© 2011 Almarie Truter