FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die verloop

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Die verloop Empty Die verloop

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:54 pm

    die verval, die ewige verval
    die brokkelrige broos van bewaarde hande
    wat donsveerstreel oor jare en eeue
    se versteekte geheimenisleer

    die onwillekeurige tuimel van 'n loodswaar traan
    die oorvol opgekropte ween oor kinders
    sonder ledemate of name
    die struikel-loop oor 'n blou blou berg
    se toiingrige soom,
    van droom oor ou verby se tinteling

    dan kyk ek op na 'n spieëlmaker se krake
    en wonder
    sou ek met waardigheid die kringloop kon voltooi
    na 'n onbekende weer-begin ?


    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 11:53 pm