krom jou rug takties en hardloop,
red jou siel en kom weg daarvandaan,
daar, waar plofstel vlees en bloed aan stukke skeur
en mens onverwags jou God hoor praat.
in die donker gaan staan ek stil
om te luister, om jou te herhaal Majoor Bieger,
om jou te herhaal, (al verbeel ek dit slegs),
jou laaste weiering om te aanvaar
dat die mens so verdomp onsinnig
en wreed kan wees
sy was so ongelooflik klein
tog, jy het haar gesien,
midde in die grootse harwar
wat mens (en dier) aan flarde skeur;
oplaas, man-alleen, toe God verstil,
het jy, instede van haar ouers,
haar laaste asemteug beskut.
ek huil saam met jou Majoor Bieger,
want ek herhaal jou,
ek herhaal jou weierende gemoed.
sy was klein,
onskuldig klein…
©(2011) Rudi Prinsloo – Alle regte voorbehou / All rights reserved
red jou siel en kom weg daarvandaan,
daar, waar plofstel vlees en bloed aan stukke skeur
en mens onverwags jou God hoor praat.
in die donker gaan staan ek stil
om te luister, om jou te herhaal Majoor Bieger,
om jou te herhaal, (al verbeel ek dit slegs),
jou laaste weiering om te aanvaar
dat die mens so verdomp onsinnig
en wreed kan wees
sy was so ongelooflik klein
tog, jy het haar gesien,
midde in die grootse harwar
wat mens (en dier) aan flarde skeur;
oplaas, man-alleen, toe God verstil,
het jy, instede van haar ouers,
haar laaste asemteug beskut.
ek huil saam met jou Majoor Bieger,
want ek herhaal jou,
ek herhaal jou weierende gemoed.
sy was klein,
onskuldig klein…
©(2011) Rudi Prinsloo – Alle regte voorbehou / All rights reserved
- Attachments
- Michael Yon Mosul Child.jpg
- This is a disturbing image: (copyright held by Michael Yon) do not open if you are sentitive to disturbing content.
- You don't have permission to download attachments.
- (31 Kb) Downloaded 0 times