FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Johannesburg se Paaie

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Johannesburg se Paaie Empty Johannesburg se Paaie

    Post by Louisa van Vliet Sat 23 Mar 2013, 6:11 pm

    Dis reguit paaie, dis kronkelpaaie, die skerp draaie.
    Iewers loop die paaie heen, na waar jy wil wees.
    Vragmotors, busse, motors en motorfietse
    suis by jou verby na oppad na bestemming

    Gedagtes maal in almal se koppe
    terwyl aandag gevestig is op pad
    mengelmoes van voertuie
    party oppad werk toe, party oppad met vakansie
    en so kan jy maar opnoem,
    almal oppad iewers heen

    En ek vra myself af
    hoeveel van die mense in hulle voertuie
    begin nog hulle dag met God in hull ewe.
    Hoeveel ry met moord gedagtes en baklei
    hoeveel se dag begin met hartseer
    en hoeveel begin met opgewondenheid

    Want net God kan jou dag bepaal
    al het jy hom beplan, beskik Hy jou dag
    waar jy gaan eindig weet niemand vooraf nie

    So! Voertuig bestuurder beplan jou dag
    sodat dit altyd voel dit is jou laaste dag.
    Wees toegeeflik, ry versigtig, neem ander in ag
    want jy weet nooit wat vorentoe op jou pad wag nie.

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 11:33 pm