FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Johannesburg paaie

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Johannesburg paaie Empty Johannesburg paaie

    Post by Louisa van Vliet Sat 21 Jan 2012, 2:35 am

    Dis reguit paaie, dis kronkelpaaie, dis skerp draaie.
    iewers loop die paaie heen, na waar jy wil wees.
    vragmotors, busse, motors en motorfietse
    suis by jou verby oppad na bestemming

    Gedagtes maal in almal se koppe
    terwyl aandag gevestig is op pad
    mengelmoes van voertuie
    party oppad werk toe, party oppad met vakansie
    en so kan jy maar opnoem,
    almal oppad iewers heen

    En ek vra myself af
    hoeveel van die mense in hulle voertuie
    begin nog hulle dag met God in hul lewe.
    hoeveel ry met moord gedagtes en baklei
    hoeveel se dag begin met hartseer
    en hoeveel begin met opgewondenheid

    Want net God kan jou dag bepaal
    al het jy hom beplan, beskik Hy jou dag
    waar hy gaan eindig weet niemand vooraf nie

    So voertuig bestuurder beplan jou dag
    sodat dit altyd voel dit is jou laaste dag
    wees toegeeflik, ry versigtig, neem ander in ag
    want jy weet nooit wat vorentoe op jou pad wag nie

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Johannesburg paaie Empty Re: Johannesburg paaie

    Post by Claira Summers Sat 21 Jan 2012, 5:29 am

    Naakte waarheid, laat mens wonder.
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Johannesburg paaie Empty Re: Johannesburg paaie

    Post by Louisa van Vliet Sun 22 Jan 2012, 6:13 pm

    Nogals ne.

    Sponsored content


    Johannesburg paaie Empty Re: Johannesburg paaie

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 6:18 pm