MY TREINSPORE LEWE

    Share
    avatar
    Liska Mariska Hulme

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 40

    MY TREINSPORE LEWE

    Post by Liska Mariska Hulme on Mon 07 Jan 2013, 2:03 am

    MY TREINSPORE LEWE

    Dwarsbalk na dwarsbalk
    Ysterwiele voort gerol
    Tot op platvorm hede
    Geen trappie voetvasplek

    Lê en oordink
    So baie dorpe
    Wat ek wil vergeet
    Waarvoor ek wens

    Gestop op vele stasies
    Baie afgeleef en oud
    Ander nuut maar koud
    Hartskoffer vergeet op elk

    Die vele waens
    Al op en af geloop
    Soos wat ek probeer
    Om vasklou roet te keer

    Vensters gee my blikke
    Op vele siels landskappe
    Skruif rame egter altyd toe
    Om seer alleen te stook

    Tekkies laat my soms
    Van perron weg draf
    Ander kere weer
    Eet ek tog saam in salon

    Swerwer in my
    Wil kronies tasse pak
    Om verder te ry
    In my enkel kompartement

    Hoeveel kaartjies
    Gaan ek nog laat knip
    Voor ek wakker word
    En kan sê ek is tuis

    L.M. HULME

    (04/01/2013)

      Current date/time is Sat 22 Jul 2017, 7:48 pm