voor my oë
lê 'n lewens palet
reënboog skakerings in 'n nuwe-dag-begin
eggo lewe in binnebors hoop
plato rante se rondings
rol golf op golf
waar lewensaar in eenvoud voed
‘n nuwe dag gee geboorte
aan hoop
‘n hart raak stil
as die lewe sing
hier waar ek mag deel
in grootte
in stilte
waar engele loop.
BennyB
© 11/11/1012 Barend Booysen
https://www.youtube.com/watch?v=YUepdXCwBnQ