FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Ek is

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Ek is Empty Ek is

    Post by BennyB Tue 09 Oct 2012, 6:31 pm



    Oggend breek in gister se onthou
    met ‘n warm groet wat sê
    dat die donker grys van winter
    die koorsang van lente
    in ‘n oggend groet kom bevestig

    lewe maak sy arms oop,
    die bosveld ruik anders vanmôre
    ek lewe
    ‘n hartklop anders as gister
    asof ek uit ‘n lang winter hibernasie ontwaak

    ek is dankbaar

    vir ‘n oomblik vlerk-vlieg ek terug
    deur my verlede
    en raak ek stil vir die geleentheid
    waar my oë
    ‘n wonderwerk kan sien ontvou
    in elke ervaring groot of klein
    in elke dag , maand en jaar
    om te kon deelneem aan lewe

    ek is dankbaar

    my hart pols weer
    soos ek blaai deur die prentjies
    van die wat my lewe kon meemaak
    vriend, familie en geliefdes
    elke kennis of per toeval ontmoeting
    iedereen se bydrae
    tot my persoon in die hede

    ek onthou van alleen grootword
    ek onthou van swaarkry
    my ma se glimlag
    kleilat speel
    die sorgeloosheid van kindwees
    van Trompie
    en ons bende-huis by fort Wonderboom

    ek is dankbaar

    ek onthou die seer van lewe
    oorlog, taxi geweld
    Kaspers in die townships
    ou Suid-Afrika
    se oranje, wit en blou
    die Volkslied
    en Nasionale Christelike opvoeding
    eer jou vader en moeder
    sodat jou dae verleng mag word

    ek is dankbaar…is ek?

    ek onthou en leef
    ’n droom van kinders hê
    liefde wat ek so graag wou gee
    die seer
    in wete dat dit nooit sou wees
    net nog ’n hoofstuk op ‘n blou-oranje horison

    ek onthou en sal nooit vergeet
    16 jaar saam met jou
    ons begin
    ons waag
    ons verloor en wen,
    jy het my gewys
    wie ek was
    die mens diep binne my weggesluit
    maar deur lewe se kronkels en draaie
    moes ook ons paaie skei
    dankie Lize
    dat jy help vorm het aan my

    ek is dankbaar

    my lewe was deurmekaar
    in jare van my kluisenaars bestaan
    om sonder weghol
    my demone in die gesig te staar
    opgee was geen opsie
    net my skouers
    wou nie meer my gister-laste dra

    lewe se roulette
    het aanhou draai
    my geluk het bly ontwyk
    moes vrede maak met gister se spook-bataljon
    te lank wou ek als verander
    te veel alleen probeer vermag
    dit is van my verwag
    ek moes regop staan
    ’n man wees
    want ....cowboys don’t cry ?

    ek moes vergifnis vra
    voort bou op wat geluk sou bring

    ek is dankbaar

    en eendag
    sonder vra
    klop ’n engel aan my hart
    sonder voorgee of pretensie
    het sy voor my gestaan
    my hart gelees
    deur my oë gekyk
    en verstaan

    my kettings het gebreek
    vreesloos vir wat kom
    daardie oomblik was ek kompleet
    en sou my antwoord voortaan altyd wees
    ja

    ek staan dankbaar

    ons lewe het as een begin
    sonder vrees
    liefde sonder maatstaf
    buiten om een te wees
    vandag staan ek voor jou
    Janet
    en gee jou
    my alles en wat kan wees
    my hart en siel
    vir die voorreg
    om jou altyd lief te hê

    ek is kompleet

    ek is
    BennyB
    © 19/08/2012 Barend Booysen
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by S.J. du Plessis Mon 22 Oct 2012, 6:20 am

    Mooi. Smile
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by Claira Summers Wed 24 Oct 2012, 9:58 pm

    Ek is ........ dankbaar vir sulke goeie mentors. Pragtig
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by BennyB Sun 25 Nov 2012, 8:12 pm

    Baie dankie SJ & Claira cyclops

    Sponsored content


    Ek is Empty Re: Ek is

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 3:53 am