‘n wit winters hart
lê ysig braak
in kontras
teen ‘n veld geskaad in roet
die môreson raak raak
aan die horison se mou
as kaalvoet kinders
tweespoor in oggend dou
iewers het my hart koud geword
my pols gestop
‘n doringdraad krans
my vlees deurboor
swaar hang nog ‘n dag
nog ‘n uur
aan ‘n doringbos tak
waar ‘n kraai koggel lag
in elke somer uur
stil word woorde
dood gebore
drome se antiklimaks
in vriendskap se owerspel
BennyB
©28/06/2012 Barend Booysen