hierdie nag verdeel in twee -
tyd sleur 'n wyle,
'n diafaan replika van my alter ego
afgeëts tussen sterre
alhoewel jy stil geword het
voel ek jou nog roer
hier waar ons soms intiem kon fluister
oor bloed aan kosyne,
oor jou langste nag en myne
die vaal patryse se nes skuif
elke winter nader aan my huis
maar jy bly staan in ooptes
waar aanslag jou timmer en weer
jy wat jouself versteek van die wêreld,
wat dolosse onder 'n dowe maan strooi
sodat ek die wit beendere moet skei
van jou bewende hande en oë wat bloei
(ek verlang na jou)
vannag plant ek vir jou 'n veer op die strand.
© 2012 Almarie Truter