FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Lycanthrope

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Lycanthrope Empty Lycanthrope

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:34 pm

    1591 het jy reeds geprooi
    net om haar nou, hier,
    in hede tyd en eeu te vind
    as astrale maagd, wegloop vrou
    'n kaalvoet kosmos-kind

    jou spore in die waaskring van 'n vlasglasmaan
    sirkel menig nag die rooikoors van haar drome

    met jou beskonke trans
    as jy maandronk
    die blomme van haar rooswit vlees bekneus
    welbedag die effek
    op haar persblou gees

    waar jy in kwartmaat skuil
    in skadu's van middellande
    eeue vêr van hier
    maar met eerste volmaan-uur
    deur glimpe van haar oë tuur -

    as sy jou ruik en proe
    in die polsing van haar bloed,
    waansinnig na jou roep
    haar alfa reun;

    met belladonna wat môrevars in dageraad
    nog aan haar lende kleef -
    'n seker wete
    dat jy hierdie tyd en eeu
    steeds in haar lelielyf se kelke leef.


    © 2011 Almarie Truter.

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 6:44 pm