FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    deo volente

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    deo volente Empty deo volente

    Post by Torm Thu 19 Apr 2012, 2:07 am



    as jy eendag my as gaan strooi
    net nie in water nie
    ek was altyd bang ek gaan verdrink
    benoud oor longe wat smag na suurstof
    onder die wrede water vasgedruk

    as jy eendag my as gaan strooi
    net nie by ‘n miernes nie
    een insek is interessant
    maar ek vrees ‘n gewriemel
    asof dit my kop kan omsluit
    onder die wrede wriemel vasgedruk

    as jy eendag my as gaan strooi
    net naby ‘n boom
    nie in die kaalte sonder redding
    van die warm son nie
    te veel hitte maak my benoud
    asof meedoënlose strale my longe vasdruk

    maar eintlik hoop ek om eendag
    van sulke dom dinge
    ontslae
    te wees
    soos ‘n poeier op die wind
    wat wragtig waai net waar hy wil

    © Torm 2012

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 11:07 am