FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Versoeking

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Versoeking Empty Versoeking

    Post by Barend Tue 03 Apr 2012, 1:17 pm

    VERSOEKING

    Ek kan soos gister onthou
    toe jy jou arms om my vou
    lippe so rooi oë so blou
    geweet jy sal my veilig hou

    my hand in jou hare
    jy roer my hartsnare
    jou hande vroulik sterk
    ken hulle werk
    los geen kneusing of merk

    diep binne jou het ek verdwaal
    jou asemhaling het my kom haal
    my binneste bewe na jou bly strewe
    deur jou soene sal ek bly swewe

    nou kan ek verstaan wat almal bedoel
    vir die eerste keer kan ek voel
    wat is werklik lewe
    maak my honger stil
    verslaaf raak aan jou is wat my wese gil

    kan nie meer my emosies verberg
    al probeer ek hoe erg
    word deel van my lewe
    wou geduldig voort bestaan
    jy my wentelbaan
    deur my oë is jy die volmaan

    met lippe mooi en sag
    jou liggaam geklee in engele prag
    droom van jou nabyheid elkedag
    nie meer te lank hoef ek vir jou te wag

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Versoeking Attachmenttemptation.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (9 Kb) Downloaded 0 times

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 12:47 am