FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Bohémien

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Bohémien Empty Bohémien

    Post by Barend Tue 13 Mar 2012, 10:23 pm

    Bohémien

    weet die wêreld raak te klein
    in een plek kan jy nie bly
    soek vlerke om bevryding te kry
    jy, o swerwer van my

    jou wese kan geen rus kry
    balllingskap vir altyd verby
    tussen teaters en optredes
    wil jy bly waar in elke vertoning
    jy 'n uitlaatklep kry

    geen mens of plek kan jou verbind
    soek en jy sal altyd vind
    soos die kompasnaald bly draai
    waar sal die wind jou heen waai

    in teater tog so klein sal jy soos
    God's engel altyd verskyn
    prosa aan hand laat jy
    mens se verbeelding brand

    neem my na waar jy gaan
    van die colloseum tot die maan
    die dinge wat my verlei
    kom en maak my wese vry

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Bohémien Attachmentbohemien.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (15 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 8:35 am