Mure
Bou mure om jou hart
versteek al jou pyn en smart
niemand in die binnekamer kom
glad nie lus vir die gedrom
op afstand almal hou
slegs vir een of twee
spasie in jou
soms eensaam en verlate
ken jou pyn in 'n mate
mure sal jou veilig hou
eendag sal jy wel iemand vertrou
deur venster almal dophou
stadig sluit die grendel oop
laat jou liefde uitloop
gee drenkelinge weer hoop
jou emosie nie gestroop
daagliks soos klokslag
is daar mense wat vir jou wag
breek die mure nou
laat jou nuwe liefde
sy arms om jou vou
beskermend en veilig hou
© Barend Van Huysen
Bou mure om jou hart
versteek al jou pyn en smart
niemand in die binnekamer kom
glad nie lus vir die gedrom
op afstand almal hou
slegs vir een of twee
spasie in jou
soms eensaam en verlate
ken jou pyn in 'n mate
mure sal jou veilig hou
eendag sal jy wel iemand vertrou
deur venster almal dophou
stadig sluit die grendel oop
laat jou liefde uitloop
gee drenkelinge weer hoop
jou emosie nie gestroop
daagliks soos klokslag
is daar mense wat vir jou wag
breek die mure nou
laat jou nuwe liefde
sy arms om jou vou
beskermend en veilig hou
© Barend Van Huysen