FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Die voorsienigheid

    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Die voorsienigheid  Empty Die voorsienigheid

    Post by SWERWER Wed 07 Mar 2012, 12:10 am

    Nerfaf swerwer se voete
    betoog teen onvoorsienigheid
    se opdraand en kronkel
    boete neergelê
    soos 'n verwerpte minnaar se nydigheid

    Hoe lank voor die gelykte omreis,
    lafenis gun aan 'n vasbeslote pelgrim
    prikkels verban uit wandelpad se gruis
    en genadiglik 'n blaaskans glim.

    Aanhouer wen sê die les
    gee deurgaans jou bes
    wat is tog die rede van stry
    as jy nie' n einddoel in die hande kry

    Ek is moeg en my siel verslaan
    met die wete dat ek more weer op sal staan
    vergun my vandag die kans om te rus
    moenie my wil om te stry en lewe, blus.

    Gee skiet, laat staan jou venynigheid
    my doel is edel so ook my hardwerkendheid
    waarom die sukkelpaadjie en eensaamheid
    ek vrees die onvoorspelbaarheid van voorsienigheid.

    Gee kans en los die brieke
    versterk my moed en verban die pieke
    'n gelyke weg met die wind van agter
    is nou my beurt verseker!



    © 2012 Johan Schoeman
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Die voorsienigheid  Empty Re: Die voorsienigheid

    Post by AmmieMoon Wed 07 Mar 2012, 12:17 pm

    Jip, daardie verslaentheid wat soms soos voetboeie die mens se wandel kelder ....Ek kan die verlatenheid tog die desperate eiening van bestaansreg in hierdie werkstuk aanvoel. Dis heerlik om weer jou jong griffels onder oë te hê en soos altyd is dit vars en uniek aan jou eie styl. Welkom terug my vriend ! Like a Star @ heaven
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Die voorsienigheid  Empty Re: Die voorsienigheid

    Post by SWERWER Wed 07 Mar 2012, 12:43 pm

    Dankie Ammie, dis heerlik om terug te wees. " The road is long with many a winding turn..." :-)

    Sponsored content


    Die voorsienigheid  Empty Re: Die voorsienigheid

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 4:22 pm