FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Soekend

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Soekend Empty Soekend

    Post by Barend Sat 03 Mar 2012, 6:36 pm

    Soekend

    Deur die verlede het ek gedwaal
    soekend om jou te kom haal
    deur lanings van immergroen bome

    oor vlaktes gevul met drome
    grepe uit die verlede
    gedeel in jou vreugde
    deur my gedagtes bly jy dwaal

    hier staan ek gebroke my siel kaal
    jou opsporing my wenpaal
    met die stofpad na die rand
    waar die aandster se lig brand

    verlange my hartsband
    te moeilik om te verstaan
    jy moes hier weggaan
    na 'n ander land

    jy is nou rustig
    by jou Vader se regterhand
    jou herinneringe sal met tyd
    soos mis voor die son verbrand

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Soekend Attachment100_3784.JPG
    You don't have permission to download attachments.
    (557 Kb) Downloaded 0 times

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 10:01 am