FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Kallie kakhuis en die Afrikaanse celebrity

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Kallie kakhuis en die Afrikaanse celebrity   Empty Kallie kakhuis en die Afrikaanse celebrity

    Post by Rudi Coetzer Wed 15 Feb 2012, 12:20 pm

    “ Psst ! Psst ! Willem ! ”
    Stilte .
    “ Ppsssttt ! Hey Willem ! ”
    Doodse stilte .
    Piet Piskrip raak nou vies.
    “ Flip Willem ! ” skreeu hy opgewonde en gefrustreerd , “ slaap jy ? ”
    “ Huh ? Wie roep ? ” antwoord Willem Wasbak uiteindelik , half deur die blare .
    “ Dis Piet man ! Wat is fout met jou ? ”
    “ Niks nie man . Die aand is maar net stadig . Toe sluimer ek in . Hoekom pla jy
    my ? ”
    “ Het jy gesien wie is daar by Kallie in ? ”
    “ Nee man . Jy weet dan ek het geslaap . Wie ? ”
    “ Jy sal dit nie glo nie ! ”
    “ Wie man ? Hoekom moet jy dinge altyd so uittrek ? ”
    “ Dis daardie bekende Afrikaanse sanger . ”
    “ Watter bekende Afrikaanse sanger ? Anton ? Chris ? Kurt ? ”
    Piet klap sy tong .
    “ Nee man . Daai ene wat nog bekender is . Vir al sy manewales . En al sy
    vrouewales .”
    “ Mmm … Dozi ? ”
    “ Nee man . Die ene wat so baie kak kwytraak . ”
    Willem dink so bietjie .
    “ Genuine ? Shit ! Jy is nie êrenstig nie ! Is jy doodseker ? Wat sal hy hier kom doen ? Nee man , dit sal nie hy wees nie . Jy het seker verkeerd gekyk . Of dalk is dit net een of ander look alike . ”
    “ Verkeerd gekyk se gat ! Look alike se gat ! Ek lees elke week die Huisgenoot . En die Beeld . En die Rapport . Ek weet wie hy is en hoe hy lyk . ”
    Willem kyk vir Piet grootoog aan .
    “ Kalmeer man . Dis nie nodig om jou speelgoed uit die kot uit te gooi nie ! Okay , ek glo jou . Wat dink jy doen hy hier ? ”
    Piet Piskrip giggel stiletjies by homself .
    “ Wel , sien jy hom tjoop swaai hier by my ? Of sien jy hom hande was daar by
    jou ? ”
    “ Nee ” antwoord Willem Wasbak .
    “ Nou ja . Mense gaan mos na Kallie toe , meestal vir ñ nommer 2 .”
    “ Meestal ? ”
    “ Ja man . Maar skaam mans nommer 1 ook mos daar . ”
    “ O ja , dis waar . Of … Giggel ... ”
    Piet Piskrip kyk Willem Wasbak geamuseerd aan .
    “ Of ? En daai giggel ? ”
    “ Hehehehe . Wie sê hy nommer 2 of hy nommer 1 ? ”
    “ Wat anders … Oooooh !”
    “ Ja … ”
    “ Nee man . Ek weet darem nie . Nee ! Kan nie wees nie . Jy dink ? Jong , nee , ñ ou soos hy wat die regte ding so baie kry ? Nee . Ek dink nie hy weet meer hoe om dit te doen
    nie ! ”
    “ Natuurlik weet hy man ! Dis mos soos bicycle ry . As jy dit een maal gedoen
    het , kan jy dit altyd doen ! ”
    Piet Piskrip skrik toe Kallie Kakhuis se deur skielik oopgaan .
    Willem Wasbak kry ñ koue rilling toe die Afrikaanse celebrity reguit na hom toe stap .
    “ O koek Piet . Hy kom sowaar sy hande was ! ” fluister hy met ñ skril stem .

    * * * *

    Nadat die celebrity weg is praat Piet en Willem omtrent gelyk .
    “ Kallie ? Kallie ! Was daai @#%!& ? ”
    Kallie hou homself horende doof .
    “ Psst ! Psst ! Kallie ! Was daai @#%!& ? ” vra hulle weer gelyk .
    Kallie kakhuis stoot sy bors uit .

    “ Ja , ja . Dit was ” antwoord hy trots .
    “ Shit ! ” kom dit van Piet en Willem , “ wat het hy gedoen ? ! ”
    “ Ek praat nie uit die kakhuis uit nie ” antwoord Kallie .
    “ Aaag kom nou Kallie man ! ” kom dit weer saam-saam van Piet en Willem .
    “ Nr 2 ” antwoord Kallie sag terwyl hy oor sy skouer loer .
    “ Shit ! ” kom dit weer saam-saam van Piet en Willem .
    “ Jip ” sê Kallie Kakhuis .
    “ Het hy darem mooi boude ? ” vra Willem .
    “ Jy laat my partykeer wonder ” sê Piet .
    “ Ja . Hy het rêrig nogals ñ sexy ass ” antwoord Kallie .
    “ Vir ñ man ” voeg hy vinnig by .
    “ Het hy puisies ? ” vra Piet Piskrip .
    “ Nee man ” lag Kallie .
    “ Maar … ”
    “ Maar wat ? ” vra Piet en Willem gelyk .
    “ Hy het ñ tattoo . ”
    “ ñ Tattoo ? ” kom dit weer saam-saam van Piet en Willem , “ wat sê dit ? ”
    Kallie Kakhuis giggel stil by homself .
    “ Ek praat nie uit die kakhuis uit nie . ”
    “ Aaag shit ! Kom nou Kallie ! Spill dit ! ” kom dit weer gelyk van Piet en Willem .
    “ Dit sê net Jani ” sê Kallie .

    * * * *
    20 minute later :
    “ Aggenee damnit ! ”
    “ En nou Kallie? ” vra Piet Piskrip .
    “ Die flippen skoonmaker is hier . ”
    “ So ? ”
    “ Hy het ñ briekmerk gelos . En ek het so gehoop om dit nog ñ rukkie te hou . Ten minste darem tot môre toe . ”


    ( 19/10/2009 20h34 )




      Current date/time is Thu 09 May 2024, 5:31 am