FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Skerwe

    didiblue
    didiblue


    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 20
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-11
    Age | Ouderdom : 45

    Skerwe Empty Skerwe

    Post by didiblue Sat 11 Feb 2012, 2:22 am

    Die skerwe van my hart
    lewe
    siel
    en wese
    lê die wêreld vol
    gestrooi

    maak bymekaar
    tel op
    hou vas

    sien jou gesig
    hoor jou stem
    my arms verloor mag

    alles val grond toe
    skop dit weer deur mekaar
    vertrap nog stukke
    jy draai weg

    ek gaan sit moedeloos
    magteloos
    tussen die stukkies
    trane laat 'n paar smelt

    maak bymekaar
    weer
    tel op
    weer
    druk dit teen my bors
    enigiets om vas te hou
    in hierdie donker seer

    draai my rug
    op stukkies
    te fyn om op te tel
    en loop weer in jou vas

    alles val...


    (vervolg)
    Tel my stukkies op,
    lê dit uit op 'n sagte mat
    pas hulle in mekaar
    tot kunswerk wat dit was

    iewers erken ek myself weer

    bou 'n muur,
    'n muur om jou te keer



    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Skerwe Empty Re: Skerwe

    Post by Torm Sat 11 Feb 2012, 12:38 pm

    Het gelees, is geraak, het gestem.

      Current date/time is Sat 04 May 2024, 1:11 pm