FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Gesplinterde Vergeef

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Gesplinterde Vergeef Empty Gesplinterde Vergeef

    Post by Claira Summers Tue 07 Feb 2012, 2:42 am

    Hier staan ek weer en staar vir die gesplinterde siel in die spieel. Wie staar terug uit die droom realiteit wat so bitter geword het ? Wat wil hierdie stukkende mens eintlik vir my se?

    Ek kan nie glo tussen al die pragtige rose daar ook n paar baie skerp dorings kan wees nie. As n mens nie met stokke geslaan word nie dan is dit met klippe gegooi. Hoe dit ook al is, die menslikheids faktore van die lewe is van uitstaande statuur. Ken mens dan nie jou eie limiete nie, kan mens dan nie maar op n tyd leer waar en waar nie die kop ingesteek kan word nie.

    Bo en benewens die feit dat die paar oe uit die spieel ook die pragtige blou en grys wolke en die sonstrale buite sien, die reen ruik en die speel windjie deur die venster voel vryf aan die benoude gedagtes, le die storm wolke ook nie te ver agter nie. En soms is die storms so kort op mekaar se hakke, dat die skade n op een hoping veroorsaak.

    "Ag Here, waar sal my hulp vandaan kom ? Kan U voel wat ek begeer en wat ek regtig nodig het ?" "Bid net kind van God, bid net"

    Die gesig wat na my staar en die lyne wat growwe padjies oor haar gelaat maak, het diep seer in haar oe agter gelaat. Die wolke waai soos wit watte wolle teen die ruit van haar onheils skuiling, maar stewig sluit sy haar luike toe. Waarom al die vrae sonder antwoorde ?

    Kyk splinter siel mens, kyk dieper as die wereldse seer en behoeftes. Kyk binne in jou na die behoefte van jou hart en siel. Hou dit in die oog en plavei die pad tot teen die voordeur van smart. "O nee, sal nie weer so dom wees nie tannie. Ek het my les geleer!" Watse verdomde les het jy geleer, my kind? Wat het jy geleer toe die Dr na jou kyk met simpatie en ongeloof in sy blou oe en se: "Daar is geen hartklop nie Mev." Stilte volg: " My kind is dood ?"

    Wat het jy geleer vrou ? Jy met die snippermandjie lewe - die dag toe jou geliefdes jou veroordeel oor jou swak keuse wat amper jou lewe verwoes het? En toe mensekind, toe jy styf-stil in die MRI masjien moes le en vyftien minute soos jou hele leeftyd se onthou voor jou af speel, soos n Bollywood roman. Dit was raserig en kleurvol, vol intriege en baie swak toneelspel en die verkeerde onderskrifte pla nogal. Wat het jy uit al hierdie dinge geleer?

    Wat kon jy saam dra om jouself te verbeter toe hy jou in die nag laat, wanneer almal slaap by kerslig kom beproef het ? Sy donker gestalte het in die hoek bly staan en jou afloer soos jy groot word en toe die groot aanslag begin af tree het. Toe hy jou siel gebreek het soos n tandestokkie in n reus se hand en niemand dit kon raaksien nie. Toe jy in hom verdrink het en nie kon asem kry oor sy skadu oor jou jonkheid en liefde. Wat in dit alles het jou n beter "jy" gemaak ?

    Wat was die doel toe jy nie goed genoeg was om voor te baklei nie, toe jy weggooi goed geword het in die asblik van die lewe ?

    Hoe sal ons ooit weet of daar n goeie doel met al die slegte goed was, wat al gebeur het. Dis dalk waarvoor die boom van kennis van goed en kwaad gebere word, vir ons om eendag die waarheid te kan smaak en die ware betekenis van al ons wedervaringe, goed en sleg, te kan vind.

    Dalk sal ons nooit weet nie, dalk moet ons leef in die splinter ruit en deur die skrefies vir die lewe loer.
    Of dalk moet ons met n pap battery flits om hoekies stap om te gaan kyk waarvoor die honde so blaf. Sommer so met vertroue dat jy sal terug keer sonder leed. Sommer so sonder vrees, met vertroue dat wat met elkeen verkeerd loop die pad help teer na n beter jy.

    Maar wie is die gesplinterde siel in die spieel dan? Wat het sy geleer van die lewe ? Vergewing kom van God af, en as Hy dit kan doen vir elkeen van ons, kan ons dit in ons vind om ook vergewing te he vir die mense wat dinge laat verkeerd loop in ons eie lewens.

    Claira Summers 2012\02\04

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 1:55 am