FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Dalk

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Dalk   Empty Dalk

    Post by Madri Cordier Fri 03 Feb 2012, 3:49 pm

    Dalk verbeel ek my...
    dat daar 'n tyd was wat jy liewer was vir my
    dat jou hand myne stywer vasgehou het
    dat jou lippe my geliefkoos het sonder woorde
    dat jou woorde nie net lippetaal was nie
    dat jou kreukel fronslaggie spesiaal vir my was
    dat jy my met jou lewe sou beskerm het
    dat jou woord altyd jou eer sou wees
    dat jou stewige skouers altyd my vesting was
    dat die kyk in jou oë vol beloftes van liefde sou wees

    Of dalk weergalm die ego's van die stilte hierdie dinge vir my
    Of dalk onthou ek net jou hart se melodie
    Of dalk het die woorde opgeraak...

    © Madri Cordier
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Dalk   Empty Re: Dalk

    Post by AmmieMoon Sun 05 Feb 2012, 2:18 am

    Ouch !...dis 'n seer terugblik hierdie, of nie ? ......gister-onthou in woorde... Like a Star @ heaven
    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Dalk   Empty Re: Dalk

    Post by Madri Cordier Mon 06 Feb 2012, 2:02 pm

    Ja, dis 'n seer terugblik... Die lewe se grondpad van 'n siel!

    Sponsored content


    Dalk   Empty Re: Dalk

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 4:25 am