FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    woordmoord

    avatar
    Ellen Margaret Hancke


    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-21
    Age | Ouderdom : 70

    woordmoord Empty woordmoord

    Post by Ellen Margaret Hancke Sat 28 Jan 2012, 11:56 pm

    so hang hulle daar

    die uitgedroogde wesens

    aan doringdrade van die lewe

    gebiltong deur ons,

    die jan fiskale van die

    bittertongbende

    wat andere in angs laat bewe

    gestroop van klere

    ontneem van waardigheid

    sans self n effense

    vae spoor van eiewaarde

    sonder asyn en doringkroon

    kruisig ons andere

    met gesplete tonge

    en fluisterstem ...

    (EMH) ~ CR
    2011

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 4:04 am