FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek gee myself

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Ek gee myself Empty Ek gee myself

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:08 pm

    Ek gee graag meer as honderd-en-tien persent van myself elke dag
    is dit verkeerd dat my hart en siel in dieselfde maat terug verwag?
    Ek gee sonder om te dink dat ek dit dalk self iewers mag nodig kry
    gedagtes aan ander in nood maak die offerhandes my dalk vry?
    Ek gee, gee en gee - ek gee myself...

    Ek gee stukkie vir stukkie van myself of selfs meer as 'n afgemete deel
    hoekom voel ek dan soms so leeg asof my lewe en siel in twee afspeel?
    Ek gee vir die wat vra en die prys wat ek soms dra is 'n klippie wat pla
    en as ek by myself dink aan elkeen of jul geen gewete het wat aankla?
    Ek gee, gee en gee - ek gee myself...

    Ek gee my borrellaggie om jou op te wek as jy 'n af dag beleef
    agter my vrolike masker is daar ook tog dinge waarna ek streef
    Ek gee 'n bemoedigende drukkie, 'n sms of dalk 'n oproep
    met 'n gevoel van smagtiging wil ek ook inpas by die groep
    Ek gee, gee en gee - ek gee myself...

    Het jy al ooit gewonder, liewe vriend, of ek ook smag om te ontvang?

    © Madri Cordier

      Current date/time is Tue 19 Mar 2024, 9:40 am