FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ontdekkingstog

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Ontdekkingstog Empty Ontdekkingstog

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:02 pm

    Jou vingers streel oor die paaie van my siel
    vryf oor letsels van onthou soos tyd verniel
    Jou oë kyk diep deurdringend na my vensters
    en jy sien keer op keer al my verborge flenters
    Een vir een vlindersag soen jy met soveel teerheid
    ontmasker en nakend staan ek vol weerloosheid
    Warm in jou arms toegevou ontwaak ek weer as vrou
    sluimerende gevoelens weggebêre diep en minder rou
    Ek verloor myself in jou wonderlike adamsgeur
    passievol vind my ritme jou hart se dieprooi kleur
    Eufories vol plesier vind ons siele stille tevredenheid
    ontdekkingstog na diepe geluk vervul tot in ewigheid

    © Madri Cordier

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 6:42 pm