FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Onbekende Waters

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Onbekende Waters Empty Onbekende Waters

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:02 pm

    Die rustigheid en reinheid van die vloeinde waterstroom
    bring kalmte in my gemoed en hoop op 'n nuwe droom
    Die pad deur die woestyn was 'n marteling, woes en bar
    die letsels op my siel nog effens daar, emosies in 'n war...

    Bang vir die onbekende is deel van die keuses wat moet
    vorentoe na dit wat wink of terug op my pad baie katvoet?
    Sekere wete wat agter my lê en hoe moeilik dinge was
    of oë toeknyp en gaan skilder op 'n nuwe doek met kwas

    Weet wat mens aan die verlede het en op kan voortbou
    konstante gedagtes aan hoe dinge kan wees en vertrou?
    Gedagtegang vasgevang in 'n doolhof van donkergrys
    herinnering aan dwaalgange van onthou, nou beter wys

    Smagtend na vrede, sielsrus, kamerraadskap, ewige liefdesmaat
    beloftes deur God gegee aan die mens met Sy skeppingsdaad
    Met 'n vaste vertroue in jou sielsgenoot se oë te kyk elke dag
    saam te bou aan elke nuwe dag, die lewenspad stap in prag

    Stap ek vernuwe deur die onbekende waters wat voor my lê
    of draai ek om en stap my woestynpad, is dit wat ek wil hê?
    O God van wonders, liefde, getrouheid en genade so getrou
    koester my in U arms van beskerming sodat ek U Wil vertrou...

    © Madri Cordier

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 11:38 pm