Vergifnis

    Share
    avatar
    antieklimaks

    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 51

    Vergifnis

    Post by antieklimaks on Tue 24 Jan 2012, 12:31 pm

    My woorde het weggeraak
    soos water in die sand -
    weggeskink tot waar dit
    nie meer gevind kan word.

    My tong het swaar gebraak
    aan geluide wat sonder betekenis
    oor my lippe gestoot het,
    vol wonder
    vol wonde
    vol genesing.

    My kakebeen het styf geword
    die herrinneringe sink diep weg
    in die dryfsand
    van my vergeet en vergewe.

      Current date/time is Sat 22 Jul 2017, 7:41 pm