FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Deel my

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Deel my Empty Deel my

    Post by Manie Jackson Mon 23 Jan 2012, 12:12 pm

    Le teen my, jou kop op my bors.
    Praat deur die ure, die lewe, die dors.
    Al die dinge wat jy dra
    Die vrae wat aanhou pla
    Ek verstaan as jy begin fluister.
    Laat my toe om te luister.
    Jou stem sal my nooitnie verveel.
    Solank jy jou paaie met my deel.

    Sal ek graag so daaraan wou dink.
    Dat ek die fontein is waaruit jy drink.
    Is ek tog maar net n mens
    In my nietigheid is dit my wens!
    Wil ek graag die einas vir jou toeplak.
    Aanhou probeer, tot my soene opraak.
    Die donker van die nag
    Weg voor jou verjaag!

    Is ek die pilaar waarop jy steun
    Onvolmaak, skuilling teen die reen.
    In die na-nag hoor ek jou asem haal.
    Jy vra waar het jy gevaal?
    Ag, gesels maar gerus
    Tyd sal jou in my arms sus.
    Hier sal niemand kom vra.
    Kom karring aan dit wat jy dra.

    Weet ek ook nie waar alles heen gaan.
    Probeer ek jou diepste mens vestaan.
    Terwyl jou stukkies stadig heel
    Ek’s hier as jy dit wil deel.
    Ek het ook nie altyd raad.
    As jou hart hom wil uitpraat.
    Wil ek graag troos, help dra.
    Jou drome, jou vrese, jou vrae!

    Kom dan later wysheid na spyt.
    Wat sal dit help om te verwyt?
    Ontnugter, ‘n eensame uur.
    Sal die harde klippe tog skuur?
    Weet jy nie wat is jou saak nie.
    Nie nodig om verskoning te maak nie.
    Le jou voor my bloot.
    Ons albei is mos lankal groot!

    Sal dit ons tog enige iets baat,
    Om te loop met ‘n hart vol haat.
    Daar is niks om jou voor te skaam nie.
    Buite die mure ken niemand jou verleentheid of naam nie.
    Dis goed om by jou te wees.
    Saam met iemand die more te lees.
    Om die grassie van gister te kou.
    Om alles te oordink en te onthou.

    Sit ons verdwaas die lewesdinge en bemin
    Eendag maak dit alles tog dalk sin!



    Manie Jackson

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 9:49 pm